Pages

14 October, 2012

ek onthou


ek onthou
'n tyd toe die walvisse gesing het,
diep en welluidend,
hoog en fyn,
liere van liefde;
ek onthou
'n tyd waneer die reënvoel geroep het,
nagalmend, spokend,
sangerig, sag
soos 'n slaapdeuntjie;
ek onthou 'n tyd van die wolwe se gehuil
die getjank van ou,
vergete volksoorleweringe;
vir die maan;
ek onthou
'n tyd toe die luiperd gebrul het,
hard en krassend,
waarskwuwend,
vir 'n ongesiene vyand;
en nou
ek hoor net die
v
a
l
l
e
n
d
e
reën,
wat kom
en gaan
en nie weer kom nie.

1997/1998
©eleanor clark

(translation available on request)

No comments:

Post a Comment